Gemeenskap

ʼn Deel van die Bosman-familie se filosofie omtrent die groei en versorging van hoogstaande kwaliteit plantmateriaal in ons suksesvolle stokkieskwekery, Lelienfontein, en die maak van premium wyn in ons eksklusiewe 250-jaaroue kelder by Lelienfontein in Wellington, is ons geloof dat goeie stokkies gekweek en wyn gemaak word deur respek vir die delikate verhouding tussen mens en natuur.

Met ʼn holistiese benadering tot ons boerdery, glo ons dat ʼn gesonde omgewing met gesonde grond lei tot gesonde stokkies en wingerd. Net so ook sal ʼn emosioneel, fisies en geestelik gesonde individu ʼn goeie werksetiek hê.

Vir dekades lank al boer ons volgens volhoubare boerderymetodes en die holistiese opheffing van die families wat op die plaas vir ons werk. Wanneer jy mense in Wellington uitvra oor die Bosman-familie, is die heel eerste woorde wat na vore kom:

“Hulle kyk regtig baie goed na die mense wat vir hulle werk.”

Om meer te wete te kom oor die Bosman Boerdery-inisiatiewe waar ons aktief besig is om respek te bou en volhoubare verhoudings tussen mens en natuur te kweek, klik op die skakel hieronder.

Fair Trade

Lelienfontein Fairtrade

Bosman Family Vineyards het Fairtrade-sertifisering ontvang gedurende die eerste kwartaal van 2009. Fairtrade-sertifisering beteken dat ons wingerd gegroei en bestuur word op ʼn manier wat voldoen aan ʼn duidelike stel minimum en progressiewe standaarde. Dít verseker dat die toestande van produksie en handel van ons wyndruiwe sosiaal en ekonomies billik en omgewingsverantwoordelik is.

Start typing and press Enter to search