LELIENFONTEIN
WINGERKWEKERS

Klik op die foto’s hieronder vir meer inligting

By Lelienfontein glo ons dat ʼn suksesvolle wingerdstok afhang van die beste plantmateriaal beskikbaar. Elke jaar ent ons meer as agt miljoen stokkies – dít maak Lelienfontein Wingerdkwekers die grootste stokkieskwekery in Afrika.

Ons kweek alle vitus-spesies:

  • Wyndruiwe
  • Tafeldruiwe
  • Rosyntjiedruiwe

Alle moontlike kombinasies van stokkies word geënt by Lelienfontein Wingerdkwekers.

Al meer kultivars en klone word elke jaar ontwikkel wat ʼn groot verskeidenheid voorraad tot gevolg het waaruit kliënte kan kies. Lelienfontein Wingerdkwekers beskik oor lisensies om nuut-ontwikkelde kultivars te ent.

Tans word meer as 350 verskillende kombinasie elke seisoen geënt. Kliënte kies die onderstokke geskik vir hul grondtipes en groeibehoeftes.

Voorraad
Om die beskikbaarheid van die stokkombinasies wat deur kliënte vereis word te verseker, moet voorraad reeds in Mei van die vorige jaar bestel word. Omdat daar ‘n hoër as normaal ent-resultaat is, is stokkies beskikbaar sonder dat dit nodig is om ‘n bestelling te plaas.

INTERESSANTE FEITE

Deurlopende sorg en snoei van die stokkies verseker die hoogste kwaliteit en standaarde.

Start typing and press Enter to search